SA inflasie 3,2% in FebruarieMarch 19, 2025

Statistieke Suid-Afrika sê jaarlikse verbruikersinflasie was verlede maand op 3,2-persent en onveranderd sedert Januarie. Die jaarlikse koers vir voedsel en nie-alkoholiese drank het in Februarie tot ‘n viermaande-hoogtepunt versnel. Mieliemeelinflasie het verlede maand ‘n 17-maande-hoogtepunt bereik en stampmielies ‘n 19-maande-hoogtepunt. Lekau Ranoto van Statistieke SA sê goedere-inflasie het effens toegeneem tot 2,5-persent, terwyl dienste-inflasie tot 3,8-persent gedaal het.