Putin kap Weste in sake-toespraakMarch 19, 2025
Russiese president Vladimir Putin sê die Weste sal probeer om Rusland te ondermyn of die land sankies opskort of nie. Hy het aan sakeleiers in Moskou gesê hulle moet elders kyk vir beleggingsgeleenthede. In ‘n hoofsaaklik-anti-Westerse toespraak voor sy krities-belangrike telefoonoproep met VSA president Donald Trump, het hy gesê Westerse dominansie is besig om weg te kwyn. Westerse lande het omvattende sankies teen Rusland ingestel na Rusland se volskaalse militêre aanval op Oekraïne in 2022. Die Kremlin beskryf die beperkings as ‘n onwettige poging om die land se ekonomie te vernietig.