Petroljoggies se gesondheid en rooibos…March 19, 2025
ʼn Grensverskuiwende studie is aan die gang om vas te stel of rooibos die nadelige uitwerking van blootstelling aan petrochemiese stowwe op petroljoggies kan bekamp. Wetenskaplikes van die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid het die idee ontwikkel na aanleiding van die bedryf se aansienlike beroepsgevare. Die instituut se epidemioloog, Kerry Wilson, sê petroljoggies in Suid-Afrika werk lang ure by vulstasies en asem dikwels gevaarlike petrochemiese dampe in.