Meer as 67 000 Suid-Afrikaners soek vlugtelingstatus in VSA March 19, 2025
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in Amerika het meer as 67 000 Suid-Afrikaners se besonderhede aan die Amerikaanse ambassade in Pretoria oorhandig. Dit volg ná president Donald Trump se uitvoerende bevel wat vlugtelingstatus aan Afrikaners bied. Vandag se oorhandiging vorm deel van hul ondersteuning vir hervestiging in die VSA. Die kamer se president, Neil Diamond, sê hulle sal weer fokus op die bevordering van sakebetrekkinge tussen die twee lande. Diegene wat geregistreer het, word versoek om die ambassade te kontak vir die nuutste inligting.