Bestuurskenner reageer op GIPF se oortredingMarch 19, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het na ‘n ondersoek bevind die Staatsinstellings Pensioenfonds, Kuleni Financial Services en die Kuleni Bewaringsfonds het die wet oortree. Die fonds het Kuleni eksklusief gebruik en geen ander bewaringsfondse nie, en dus sy lede se toegang tot die breër pensioenfondsmark beperk. Daar is egter nog geen finale besluit geneem nie en die betrokke ondernemings kan hul saak voorlê voordat verdere stappe gedoen word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Johannes Coetzee, ‘n professor in bestuur by Nust, wat nie dink hulle sal aanspreekbaar gehou word nie.