Regering moet NamPower subsidieer, sê NLUMarch 18, 2025

Die Namibiese Landbou-unie het ‘n beroep op die regering gedoen om NamPower te subsidieer om verbruikers teen reuse-tariefverhogings te beskerm. Die NLU het NamPower se aansoek vir ‘n verhoging van 17,44 persent by die Elektrisiteitsbeheerraad verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren van die Landbouwerkgewersvereniging, ‘n onderafdeling van die NLU, gesels.