“Israel sal geen genade toon nie”, soos hy aanvalle in Gaza hervatMarch 18, 2025

Israel het ‘n vlaag van dodelike lugaanvalle in Gaza van stapel gestuur wat minstens 200 slagoffers geëis het. Dit is sy grootste aanval sedert die skietstaking in Januarie ingestel is. Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu sê hy het die opdrag gegee weens ‘n gebrek aan vordering met die onderhandelings. Hamas waarsku die aanvalle is ‘n doodsvonnis vir die oorblywende gyselaars. Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, sê hulle sal geen genade vir hulle vyande, insluitend Hamas, toon nie: