Israel hervat aanvalle in GazaMarch 18, 2025
Die Israeliese weermag het vroegoggend aanvalle in Gaza hervat en tot dusver is meer as 200 dood, waarvan die meeste kinders. Israel sê dit is omdat Hamas nie gyselaars wil vrylaat in ruil vir hulpverlening na die Gaza-strook nie. Die skietstilstand het nooit gevorder na die tweede fase nie en Hamas sê Israel het die oorspronklike ooreenkoms gebreek. Nuusagentskappe berig die Trump-administrasie is van die aanvalle vooraf ingelig en president Donald Trump is blykbaar van mening dat Israel moet doen soos hy goed dink.