Beweging vir Kaapse onafhanklikheid reis na VSAMarch 18, 2025

Die Cape Independence Advocacy Group sê hy is voornemens om ʼn afvaardiging na Amerika te stuur om amptenare en ander mense met politieke bande te ontmoet. Die groep het aan president Cyril Ramaphosa, die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, geskryf en amptelik oor hul planne ingelig. ʼn Woordvoerder van die drukgroep, Joan Swart, sê hulle aktiwiteite sal deur die Grondwet beskerm word en die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika versterk eerder as benadeel: