Afrika-perdesiekte: Ent eers in JunieMarch 18, 2025
Agra waarsku perde-eienaars om nie hul diere teen Afrika-perdesiekte voor Junie in te ent nie, aangesien perde slegs na veelvuldige entstofrondes sterk immuniteit ontwikkel. Jong perde van ses maande en ouer het twee rondes per jaar tot vier jaar oud nodig, maar inentings moet slegs tussen Junie en Oktober gedoen word. Vroeër inentings vergroot die risiko vir uitbrekings, aangesien steekvliegies die verswakte virus in ‘n dodelike vorm kan versprei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met veearts Theuns Laubscher van die Windhoek Veearts-kliniek, wat ‘n waarskuwing rig.