Swak implementering van projekte… daar’s sistemiese fouteMarch 17, 2025
Die Tender Bulletin se ontleding van al die verkryging binne die regering se ontwikkelingsbegroting vir die huidige boekjaar is steeds in die nuus. Net 170 uit die 460 projekte, of 37 persent, verwag dat verkryging in die boekjaar sal plaasvind. In die 2023/24 boekjaar het net 91 van die 417 projekte, of 22 persent, verkryging in die boekjaar verwag maar in werklikheid het net 41 projekte verkryging gehad. Tot op hede byvoorbeeld is die 5 miljoen Namibiese dollar se tender vir die opknapping van die sesde en sewende vloere van die Katutura-hospitaal nog nie op tender uitgesit nie. Frederico Links, hoof navorser by Namibia Fact Check sê dit wek kommer…