So werk Donderdag se weermag-optog in hoofstadMarch 17, 2025
Die verdedigingministerie het die besonderhede van die weermag se straatoptog en toerustingvertoning aangekondig voor Oanhanklikheid-vieringe en die inswering van die land se vyfde president, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die straatoptog sal Donderdag om 9-uur begin by die kruising van Winnie Madikizela-Mandelastraat en Onafhanklikheidslaan tussen Wanaheda en Greenwell, en na Ausspannplatz beweeg. President Nangolo Mbumba sal om sowat 10-uur die troepe se saluut waarneem by Stad Windhoek se parkeerarea. Die publiek word uitgenooi om na die optog en toerustingvertoning te gaan kyk.