Rasool moes van beter geweet hetMarch 17, 2025
Die politieke ontleder, Daniel Silke, sê dis kommerwekkend om die verbrokkelende verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA dop te hou. Dit volg nadat Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, as persona non grata verklaar en uit die land gesit is. Hy het president Donald Trump tydens ʼn webinaar beskuldig dat hy die leier van ʼn wit heerssugtige beweging is. Silke sê Rasool moes van beter geweet het as om die verkeerde knoppies te druk terwyl ekonomiese en politieke bande slim hanteer moet word: