Oud-Aussie rugbykaptein twee jaar tronk toe gestuurMarch 17, 2025

‘n Voormalige Australiese rugbykaptein, Rocky Elsom is twee jaar tronkstraf deur ‘n Franse hof opgelê na hy skuldig bevind is aan die misbruik van maatskappyfondse. Die 42-jarige is ook met 1,9 miljoen Namibiese dollar beboet – waarvan die helfte opgeskort is – en hy is beveel om 4,7 miljoen dollar vergoeding aan die likwidateur van die Narbonne-rugbyklub te betaal waar hy tussen 2015 en 2016 die president was. Elsom se regsverteenwoordiger Yann le Bras, het gesê hy gaan teen die vonnis appelleer. Hy het ernstige prosedurele kwessies en bewyse aan die hof voorgelê wat Elsom sal toelaat om vrygespreek te word.