Mbumba sê om gekant te wees teen vrouepresident is outydsMarch 17, 2025
President Nangolo Mbumba het kritici oor die vingers getik wat gekant is teen ‘n vrou as president. Sulke menings is oudtyds, het Mbumba tydens ‘n kerkdiens op Olukonda in die Oshikoto-streek gesê. Netumbo Nandi-Ndaitwah word Vrydag as Namibië se eerste vrouepresident ingesweer. Geslag is nie ‘n struikelblok in leierskap nie, veral nie in ‘n land wat demokrasie en gelykheid vooropstel nie, het Mbumba gesê.