Instituut vir Rasseverhoudinge loods #WhatSACanBe-belofteMarch 17, 2025
Die Instituut vir Rasseverhoudinge het die #WhatSACanBe-belofte bekendgestel. Dit is ‘n nasionale oproep tot aksie om ekonomiese vryheid, nie-rassigheid en welvaart in Suid-Afrika te bevorder. Hermann Pretorius van die Instituut sê aangesien die land verstrengel is in ‘n siklus van ekonomiese verval, regering wat misluk, en stygende werkloosheid, steek die intituut sy hand op met ‘n praktiese, groei-gerigte bloudruk om Suid-Afrika se toekoms terug te vat.