Vermiste toeris se liggaam gevindMarch 16, 2025
Die liggaam van die vermiste Switserse toeris, die 83-jarige Alois Ottiger, is Saterdagmiddag by die Desert Hills Lodge naby Sesriem gevind. Ottiger word sedert 9 Maart vermis. Volgens werkers by die lodge het Ottiger gesê dit was die eerste herdenking van sy vrou se dood. N/a’an ku sê se honde-eenheid en Bay Air het die polisie met hul soektog gehelp.