Tientalle sterf in nagklubbrandMarch 16, 2025

Meer as 50 mense is vermoedelik in die vroeë ure vanoggend in nagklub in Noord-Masedonië dood ná ‘n brand uitgebreek het. Sowat 1 500 mense het ‘n hip-hop konsert in die klub in Kocani naby die hoofstad bygewoon. Beeldmateriaal wat op sosiale media geplaas is, wys hoe die gebou in vlamme verswelg is. Geen amptelike bevestiging oor die dodetal is nog beskikbaar nie.