Shiimi soek verkrygingshofMarch 16, 2025

Finansminister Iipumbu Shimmi het ‘n wysiging aan die Verkrygingswet voorgestel wat vir die stigting van ‘n openbare tenderhof voorsiening maak. Dié hof sal ‘n gespesialiseerde forum wees waar verkrygingsdispute doeltreffend aangespreek kan word. Die wysigingswetsontwerp sal na verwagting in die komende maande in die parlement ter tafel gelê word.