SA vroue wil klasaksie teen Pfizer instelMarch 16, 2025
Dertig Suid-Afrikaanse vroue wat glo hulle het nie-kwaadaardige breingewasse gekry wat veroorsaak is deur die inspuitvoorbehoedmiddel Depo-Provera, wil ‘n klasaksie instel teen die farmaseutiese vervaardiger Pfizer. In Amerika het 78 vroue reeds ‘n klasse-eis teen Pfizer ingestel nadat ‘n Franse studie bevind het ‘n risiko bestaan vir die langtermyngebruik van medroksieprogestoroon-asetaat, oftewel MPA. Pfizer is die grootste verskaffer van MPA, onder die handelsnaam Depo-Provera.