Padfonds kort minstens N$3,8 miljardMarch 16, 2025

Die Padfondsadministrasie sê die onlangse verhoging van 20c per liter in die brandstofheffing sal sowat 400 miljoen Namibiese dollar genereer. Dit is hopeloos te min, sê dié staatsonderneming. Sowat 3,8 miljard Namibiese dollar is nodig om die befondsingstekort vir padinfrastruktuur uit te wis. Die uitvoerende hoof van die Padfondsadministrasie, Ali Ipinge, sê hulle het vir ‘n verhoging van een dollar per liter vir die 2025/26-boekjaar versoek, maar het tot dusver net 45c ontvang.