Nandi-Ndaitwah bid vir nuwe termynMarch 16, 2025

Aangewese president Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend ‘n diens by die Anglikaanse Kerk op Onamutayi in die Oshana-streek bygewoon om die seën oor haar termyn as die toekomstige staatshoof te vra. Sy is sedert haar kinderdae deel van dié gemeente. Nandi-Ndaitwah het tydens haar verkiesingsveldtog verlede jaar ook vir gebede en seënwense gevra. Sy word Vrydag op Onafhanklikheidsdag as Namibië se eerste vroue-president ingesweer.