Frankryk dra SesnasieskroonMarch 16, 2025

Frankryk het Skotland gisteraand met 35-16 in Stade de France geklop en die Sesnasieskroon ingepalm. Na Engeland se rekord 68-14-oorwinning oor Wallis vroeër gister in Cardiff, moes Les Bleus die besoekers klop en het dit reggekry met ‘n bonuspunt-oorwinning met vier drieë. Die heelagter Thomas Ramos se bydrae het ‘n drie ingesluit as deel van ‘n 19-punte blits binne 20 minute na rustyd. Dit het Frankryk hulle tweede kampioenskap in vier jaar gegee, maar hulle het die Grand Slam misgeloop nadat Engeland hulle in die tweede ronde ondergekry het.