Krieket: Patel lei Delhi CapitalsMarch 15, 2025

Die veelsydige Indiese speler Axar Patel is as kaptein van die Delhi Capitals aangewys vir vanjaar se Indiese Premierliga. Die 31-jarige sal die span vir die sesde jaar verteenwoordig. Hy het reeds ‘n totaal van 967 lopies aangeteken en 62 paaltjies in 82 wedstryde platgetrek. Axar het ook ‘n sleutelrol gespeel in sy land se onlangse Kampioenetrofee-oorwinning, met vyf paaltjies en ‘n groot bydrae op nommer vyf in die kolforde. Hy neem Delhi se kapteinskap oor by Rishabh Pant, wat na die Lucknow Super Giants geskuif het.