Ambassadeurdrama: SA sal diplomatieke kanale met VSA volgMarch 15, 2025

Die Presidensie het kennis geneem van die betreurenswaardige uitsetting van Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool. Die administrasie van president Donald Trump het Rasool tot persona non grata verklaar. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio het op sosiale media verklaar dat Rasool ‘n ras-uitlokkende politikus is wat Amerika en president Trump haat. Suid-Afrika se presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê die regering beplan skakeling deur diplomatieke kanale: