Putin sê hy ondersteun skietstilstand, maar…March 14, 2025
Russiese president Vladimir Putin sê dat Rusland in beginsel ‘n Amerikaanse voorstel vir ‘n wapenstilstand in Oekraïne ondersteun, maar dat enige wapenstilstand die oorsaak van die konflik moet aanspreek om tot blywende vrede te lei. Hy het by ‘n perskonferensie in die Kremlin gesê dat daar vele belangrike besonderhede is wat uitgesorteer moet word. Amerikaanse president Donald Trump het Putin se stelling baie belowend genoem en sê hy hoop dat Moskou die regte ding sal doen. Trump sê Steve Witkoff, sy spesiale gesant, is besig met ernstige gesprekke in Moskou rondom die Amerikaanse voorstel waartoe Kiëf reeds ingestem het.