NamNet besoek Speaker oor samewerking met parlementMarch 14, 2025
Die Namibiese Civil Society Non-State Actors-netwerk, NamNet, het ‘n hoflikheidsbesoek aan die Nasionale Vergadering-speaker prof. Peter Katjavivi, gebring. Ronny Dempers van die Namibia Development Workshop het die afvaardiging gelei en ‘n beroep gedoen op die insluiting van die burgerlike samelewing in die parlement se werk, asook samewerking met burgerlike samelewing-organisasies om die nasionale ontwikkelingsprioriteite te bereik. Dempers het die parlement geprys vir die bekendstelling van e-parlementsinstrumente soos die aanlyn-wetsontwerp register, aangesien dit burgerlike betrokkenheid bevorder. Katjavivi het gesê burgerlike samelewing-organisasies speel ‘n belangrike rol in die bevordering van demokrasie en goeie bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bestuurskenner Dr. Marius Kudumo, wat deel van die afvaardiging was.