Maak koste van BEE bekend, vra Instituut vir RasseverhoudingsMarch 14, 2025

Die Instituut vir Rasseverhoudings sê hy waarsku al lankal oor die rampspoedige gevolge van ras-gegronde beleide en die inherente uitsluiting wat groei strem. JP Morgan het Suid-Afrikaanse aandele Dinsdag afgradeer en verwys na die uitwerking van beleid soos swart ekonomiese bemagtiging op groei. Makone Maja van die instituut sê hulle het sleutel-kabinetslede gevra om dringend die koste van die beperkings van swart ekonomiese bemagtiging op betrekkinge en beleggings te verduidelik.