KZN begin opruim na storms, vrou doodMarch 14, 2025

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal het begin met omvattende opruimings ná gister se hewige weerstoestande in die provinsie. Die stortreën het tot ‘n vrou se dood gelei toe haar voertuig van ‘n brug in Pinetown meegesleur is. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê soek-en-reddingspanne het vroeg vanoggend die vrou se liggaam en die voertuig gevind.