Ekonoom sê goud sal US$3 000 verbysteekMarch 14, 2025

Goudpryse het vanoggend tot ‘n rekord van net minder as 2 991 Amerikaanse dollar gestyg. Onsekerheid oor Amerikaanse handelsbeleide en verwagtinge van Fed-koersverlagings het die styging aangevuur omdat goud ‘n veilige hawe is in riskante tye. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom gesels oor of die goud die 3 000 dollar mylpaal sal bereik. Hy sê ja.