NLU veroordeel NamPower verhogingsaansoekMarch 14, 2025
Die Namibiese Landbou-unie verwerp NamPower se aansoek vir ‘n verhoging van 17,44 persent. Die NLU sê dit is ongeveer drie keer die huidige inflasiekoers. NamPower het daarop gewys dat daar geen tariefverhogings laasjaar was nie en het melding gemaak van die 1 miljard Namibiese dollar wat aan hom geskuld word. Die NLU sê gegewe die huidige stand van die ekonomie, die hoë werkloosheidskoers en die uitdagings waarin boerdery homself nou bevind na die vorige swak reënseisoen, maak hy beswaar en vertrou dat die Elektrisiteitsbeheerraad die faktore in ag sal neem.