Verwoestende Covid vyf jaar gelede in Namibië bevestig March 13, 2025

Dit is vandag presies vyf jaar wat die eerste Covid-gevalle in Namibië bevestig is. Dit is laat die Vrydagaand van 13 Maart 2020 bevestig en vroeg Saterdagoggend deur die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula aan die media bevestig. 

Wat gevolg het was katastrofies. Daar was meer as 172 000 gevalle met 4 106 sterftes. Die ekonomie het met meer as 11 persent gekrimp, toerisme en gasvryheid is lamgelê, en amper 5 800 mensehet hulle werk verloor. Op verbruikersvlak is die inkrimping weerspieël in voertuigverkope, huispryse en kleinhandel wat onderskeidelik met 26,6 persent, 2,7 persent en 22,5 persent gedaal het.