Skotland wil Frankryk se Sesnasies-titeldrome verydelMarch 13, 2025
Rugby: Agsteman Jack Dempsey sê Skotland is vasbeslote om Saterdag Frankryk se Sesnasies-titeldrome te verdydel in die laaste ronde-wedstryd in Parys. Frankryk is boaan die punteleer met 16 punte, gevolg deur Engeland met 15 en Ierland met 14. ‘n Oorwinning oor Skotland behoort die kompetisie in Frankryk se guns te beklink, terwyl Skotland beslis die buiteperd is nadat hulle twee van hulle vorige vier wedstryde verloor het. Dempsey sê egter hulle gaan na die Stade de France om hulle gashere se partytjie te bederf.