Schlettwein se nuwe wetgewing het NV ontevredeMarch 13, 2025
Daar is minder as twee weke oor voor die nuwe parlement ingesweer word. Landbouminister Calle Schlettwein het vandag wetgewing oor grondkwessies ter tafel gelê, te midde van ontevredenheid onder parlementslede. Dit is ook Schlettwein se laaste termyn voor hy aftree. PDM-president McHenry Venaani het voorgestel dat die wetgewing uitgestel word tot die nuwe administrasie aan bewind is.
Lede het voorgestel Schlettwein moet die wetgewing terugtrek, maar hy weier.