SA wil bande met EU versterkMarch 13, 2025

Suid-Afrika sal poog om sy bande met die Europese Unie te versterk. President Cyril Ramaphosa is vandag saam met die president van die Europese Raad, Antonio Da Costa, en Ursula von der Leyen, die mede-voorsitter van die 8ste Suid-Afrika-EU-beraad in Kaapstad. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het aan SABC News gesê die beraad het ten doel om verhoudings met sleutel strategiese vennote te versterk en samewerking in handel, belegging en ontwikkeling te bevorder.