Reddingspanne ontplooi om na vermiste toeris, 82, by Sesriem te soekMarch 13, 2025

’n Helikopter van die Namibiese polisie, saam met die honde-eenheid, is na die Sesriem-omgewing ontplooi om te help met ’n soektog na ’n 82-jarige Switserse toeris. Die man is sedert Sondag soek en ten spyte van voortdurende pogings sedert die begin van die week, was daar nog geen sukses nie. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunkkommissaris John Mwatongwe, die Hardap-streekmisdaadondersoek koördineerder, gepraat. Hy sê die man het Sondagaand uitgegaan vir ‘n skemerkelkie.