Plan vir Etunda-voerkraal weer herleweMarch 13, 2025
Die landbouministerie beplan om ‘n voerkraal vir 1 000 bees op te rig by die Etunda-groenskema in die Omusati-streek. In die verband is daar ‘n openbare vergadering op 19 Maart by die skema wat tussen twee en ses namiddag gehou word. Tortoise Omgewingskonsultante is opdrag gegee om die omgewingsklaring vir die projek te hanteer. Die projek is reeds jare oud en in 2007 is 25 miljoen Namibiese dollar daarvoor begroot. Teen 2010 het die ministerie sy voete gesleep en befondsing van die EU daarvoor, 13 miljoen Namibiese dollar, verloor. Dit is nou herleef en verlede jaar in Desember is aangekondig dat 150 hektaar grond benut sal word maar, die ministerie wag vir elektrisiteitstoevoer.