Piastri se nuwe kontrak gee hom N$477-miljoen per seisoenMarch 13, 2025
Motorsport: Australiër Oscar Piastri se nuwe veeljarige kontrak met McLaren se Formule Een-span word volgens berigte op ‘n reusagtige 477-miljoen Namibiese dollar per jaar beraam. Die 23-jarige is beloon nadat hy verlede jaar vierde in die bestuurderskampioenskap geëindig het en hy sy span gehelp het om die vervaardigerskampioenskap vir die eerste keer sedert 1998 in te palm. Sy Britse spanmaat Lando Norris wat verlede jaar tweede geëindig het, het reeds voor verlede jaar se seisoen sy kontrak verleng. Piastri het 128-miljoen dollar per seisoen in sy vorige kontrak verdien.