Ondersteuning van GBV-slagoffers uiters belangrikMarch 13, 2025
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het saam met ander organisasies ‘n openbare vergadering aangebied oor geslagsgebaseerde geweld. Die instituut het ook ‘n gemeenskapsprojek oor hierdie geweld in die Hardap-streek bekendgestel, genaamd Step Up Ark. Die stigter van Step Up Ark, Martha McNab, het verlede jaar 2 000km in die streek gestap om bewusmaking te skep oor geslagsgeweld. Sy beklemtoon die belangrikheid daarvan om slagoffers te ondersteun.