Nuwe visumregime te duur vir vaartuig-toeristeMarch 13, 2025

Die onlangse implementering van ‘n nuwe visumregulasie, wat vereis dat passasiers van vaartuie vanaf 1 April 1 600 Namibiese dollar per persoon betaal vir ‘n kort besoek aan Walvisbaai, hou ‘n beduidende risiko vir Namibië se toerismesektor in. Hierdie bykomende koste sal die prys van kusuitstappies aansienlik verhoog. Toeroperateurs diep bekommerd, en verwag ‘n skerp afname in besprekings wat besighede, insluitend vervoerverskaffers, restaurante en verskaffers van curios kan raak. Kosmos 94.1 het met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, Tasa, gesels oor hulle bekommernisse.