Kandidate vir kriminele stroom by hoërhof bekendMarch 13, 2025

Die Regterlike Dienskommissie het die kortlys van kandidate vrygestel vir ‘n geregtelike aanstelling in die kriminele stroom van die hoërhof. Die vyf kandidate is Makapa Simasiku, Victor Nyazo, Marelize du Plessis, Stanley Tembwe en Elvis Mwiliima. Die finale onderhoude word môre deur lede van die kommissie by die hooggeregshof gevoer en is oop vir die publiek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Vikitoria Hango, die adjunkdirekteur van openbare betrekkinge by die kantoor van die regbank, wat meer vertel oor die proses.