Herrie los oor Nujoma-gedenkdiens se besteding in OtjozondjupaMarch 13, 2025
Die herrie is los in die Otjozondjupa-streek met ‘n raadslid van Grootfontein, Jack Tsanigab wat ‘n volledige verslag oor hoe hul geldelike bydraes tot die streekgedenkdiens vir ontslape stigterspresident Sam Nujoma gebruik is, eis. Die streeksraad het op 19 Februarie op Grootfontein ‘n vergadering belê waar inwoners – veral die boerdery- en sakegemeenskap – versoek is om by te dra tot die geleentheid. Verskeie geldelike skenkings, maar ook kos, koeldrank en water, is gemaak vir die roudiens op 24 Februarie maar daarna, het die streek ‘n bykomende 500 000 Namibiese dollar ontvang om die geleentheid aan te bied. Die streeksgoewerneur James Uerikua sê daar was geen misbruik nie en terugvoer sal verskaf word.