Groot vergadering oor landelike internet vandag March 13, 2025

Toegang tot landelike internet is in die nuus, veral na die onlangse ondersteuning vir Starlink se plaaslike lisensie-aansoek. Die Namibiese Landbou-unie het saam met ander landbou-unies die kommunikasie-regulerende owerheid van Namibië, Cran, oor die kwessie betrek en hulle sal vandag vergader om uitdagings te bespreek. Peet van Staden, ‘n deeltydse boer en elektroniese ingenieur van die afgeleë Karasberge, het ook vroeër ‘n brief aan Cran gestuur oor die behoefte aan beter konnektiwiteit op die platteland. Kosmos 94.1 Nuus het met Van Staden gesels oor sy verwagtinge vir die vergadering.