BTW: Regering het voorstelle oor besnoeiings geïgnoreerMarch 13, 2025

AfriForum sê die regering se weiering om besnoeiings in te stel, ondanks wydverspreide teenstand teen die verhoging in BTW, sal nou ernstige druk plaas op alle Suid-Afrikaners. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het BTW met 0,5-persentasiepunte verhoog vir vanjaar sowel as volgende jaar. Louis Boshoff van AfriForum sê die regering het eenvoudig voorstelle ignoreer oor uitgawe-besnoeiings, insluitend die verkleining van die kabinet en die privatisering van staatsinstellings: