Beesbemarking kan verder daalMarch 13, 2025

Beesbemakring het in Januarie met 49,1 persent gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad sê slegs 11 797 beeste is bemark, teenoor die 23 166 beeste wat in Januarie verlede jaar verkoop is. Uitvoere op die hoef het met 68,2 persent gedaal, terwyl deurset by B&C-klas abattoirs met 56 persent gedaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landboukundige Wallie Roux, wat die situasie uiteensit.