Amerikaanse man deur sy hond geskiet March 13, 2025

‘n Amerikaner se hond het hom geskiet toe die dier op sy bed gespring en ‘n gelaaide wapen per ongeluk laat afgegaan het. Die man van Memphis, Tennessee, en sy lewensmaat was aan die slaap toe hy vroeg Maandagoggend geskiet is. Gelukkig het hy weggekom met net ‘n effense besering aan sy linkerbobeen wat in die hospitaal behandel is. Volgens ‘n polisieverslag het die jaar-oue Amerikaanse Veghond, Oreo, se poot in die sneller vasgehaak en ‘n skoot laat afgaan. Dis nie seker watter soort wapen dit was nie.