Wes-Kaap herwin 47% meer as in 2019March 12, 2025
Die DA verwelkom die styging van 47-persent in herwinning in die Wes-Kaap sedert 2019. Afvalherwinning het van meer as 500 000 ton in 2019 tot meer as 800 000 ton in 2023 toegeneem. Munisipale kompos het ook skerp gestyg met 61-persent, wat groentetuine en gemeenskapsprojekte ondersteun. Dave Bryant van die DA sê die vordering verminder die storting van afval in vullisterreine en gee die groen-ekonomie ‘n hupstoot. Hy vra voortgesette beleggings in herwinnings-infrastruktuur: