VSA-vlugramp: Verbod op helikopters wanneer stralers inkom of vertrekMarch 12, 2025
Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad in die VSA het verskeie aanbevelings gemaak na die lugramp by die Ronald Reagan-lughawe op 30 Januarie toe ‘n Black Hawk helikopter en ‘n inkomende straler gebots het. Almal is dood. Daar was voor dit, verskeie amperse voorvalle by die lughawe wat alarm gemaak het, met amperse botsings wat net-net verhoed is. Die voorsitter van die raad Jennifer Homendy sê ‘n verbod op helikopter-vlugte moet ingestel word wanneer stralers vertrek of land.