Vrou van N$777 568 bedrieg in bankslenterMarch 12, 2025
Die Namibiese polisie bevestig nog ‘n saak van bankbedrog, die keer ter waarde van meer as 777 000 Namibiese dollar. Die mag sê ‘n 51-jarige Namibiese vrou is Maandagnamiddag geskakel deur iemand wat hom voorgedoen het as a werknemer van ‘n plaaslike bank. Die vrou het haar vertroulike inligting verskaf en die bedrieër is weg met 777 568 dollar. ‘n Ondersoek is gelas en geen arrestasie is gemaak nie. Die geld is ook skoonveld.