Trump-brief glo op pad na IranMarch 12, 2025

Iran se buitelandse sake-minister, Abbas Araghchi, sê ‘n Arabiese land sal binnekort ‘n brief van Amerikaanse president Donald Trump aflewer, waarin gevra word om ‘n kernkragooreenkoms met die Islamitiese republiek te sluit. Volgens Araghchi het die brief hulle nog nie bereik nie. Trump het Vrydag gesê hy het ‘n brief geskryf aan Iran se opperleier, Ayatollah Ali Khamenei, waarin hy samesprekings vra om ‘n nuwe ooreenkoms oor Teheran se kernprogram te bewerkstellig. As dit nie gebeur nie, dreig Trump met militêre opsies.